© 2016 by MJ Cronje Boukontrakteurs. Proudly created with Wix.com

  • Facebook - Grey Circle
Basiese behoeftes

Ons help met verfwerk, teelwerk, 'cladding' of 'n gesellige kaggel.

 

Indien u werk met goeie kwalitieit en deeglikheid vereis, is ons die bouers op wie u kan vertrou.

Restorasies

Laat MJ Cronje Boukontrakteurs die bouers wees wat u huis restoreer volgens u behoeftes en spesifikasies.

DIENSTE

Nuwe Konstruksie

Ons bou u droom huis op die mees eerbare en effektiewe manier.

 

Ons is bekend vir ons integriteit en eerlikheid.

Kliënte​

Maryke Botha:

‘Wat ‘n bedagsame span.

Ek waardeer dat Carl vir sy werkers hulle eie toilet voorsien het en dat hulle orals waar hulle gewerk het, skoon gemaak het.

Dit was ‘n plesier om saam met Carl te droom omdat hy nooit gesê het iets is onmoontlik nie.

Hy het heeltyd probeer om my drome te bewaarheid soos wat ek dit graag sou wou hê.

Saam met hierdie span kan mens kastele bou.’

Corne Von Molendorff:

 

‘Baie dankie aan Carl en sy span vir die asemrowende transformasie wat hulle ons huis gegee het.

Dit sou nie moontlik gewees het sonder sy vars idees en wonderlike vakmanskap nie.

Wat veral gerusstellend was was Carl se teenwoordigheid tydens die uitvoering van die projek.'

Joubert Boshoff:

“Ons is baie te vrede.

Carl is ‘n man van sy woord en het begin en klaar gemaak wanneer hy gesê het.

Hy het reg voorberei, regte prosedures gevolg en ook die regte materiaal en verf gebruik.”

Vyver Krog:

 

“Ons kon nie vir ‘n beter bouer gevra het nie. Ons is baie tevrede.

MJ Cronje Boukontrakteurs het mooi by hul word gehou.

Ons beveel hulle sterk aan vir enige iemand wat die opsie kry om hulle te gebruik.”

Vir enige navrae skakel gerus; 072 545 0746 of voltooi die vorm hieronder.

KONTAK ONS

Hoofkantoor
Verlang u 'n kwotasie: 072 545 0746
Navrae:

Tollas Oord

Stilbaai

6674

 

Carl Cronje

carl@stilbaaibouers.co.za

Tel: 072 545 0746

 

Thys Cronje

thys@stilbaaibouers.co.za

Tel: 082 447 7934

 

OOR ONS

Geskiedenis:

Thys Cronje bou sedert 1974 op Stilbaai. Hy het saam met sy pa, Danie Cronje, begin bou en sodoende die familie-besigheid voortgesit. In 2010 het sy seun, Carl Cronje, by die besigheid aangesluit en MJ Cronje Boukontrakteurs het tot stand gekom. Hierdie is dus bouers wat gebore inwoners van Stilbaai is en jare se ondervinding agter die rug het. Orals in Stilbaai en Jongensfontein staan huise wat deur die familie gebou is.

 

Visie

MJ Cronje Boukontrakteurs help bou aan u droom.

 

Missie

Om op ‘n eerlike, betroubare en deeglike manier ‘n middeweg te vind tussen wat die kliënt verlang en wat prakties moontlik en ekonomies is.

 
 
 
 
 

Leiers in KWALITEIT konstruksie deur

EERLIKHEID,

INTEGRITEID, en EFFEKTIWITEIT.